Rugby

Rugby is ‘n wintersport wat in die laaste gedeelte van die 1ste kwartaal en in die 2de kwartaal beoefen word. Die skool beskik in die meeste ouderdomsgroepe oor A en B-spanne wat aan die Distrik Suid-Oos se A2 Bond deelneem. Die fokus van die afrigters is op vaardigheidsontwikkeling en die genot van die spel.

Bulletjie Rugby

DOELWITTE

  • Om die jong spelers bekend te stel aan die spel van rugby.
  • Die ontwikkeling en basiese rugby-vaardighede te kweek, bv. balhantering.
  • `n Liefde vir die spel te skep onder die jong spelers en om vertroue op te bou.
  • Die  ouergemeenskap te betrek in rugby, veral in afrigting
  • Die seuns geleenthede te gee om in wedstryde te speel.
  • Die jong beginners bekend te stel aan die vreugdes van spansport.
  • Persoonlike ontwikkeling aan te moedig.
  • Om elke kind geleentheid te gee om sy eie identiteit te ontwikkel.

OUDERDOMSGROEPE:

  • 0.6 Is vir voorskool kinders, nie jonger as 5 jaar en nie ouer as 6 jaar nie.
  • 0.7 kinders (die jaar waarin hulle 7 word)
  • 0.8 kinders (die jaar waarin hulle 8 word)

DIE SPEL

  • 0.6 en 0.7 speel “rip” rugby met geen kontak nie.
  • 0.8 begin met lynstane en skrums in `n nie-kompeterende formaat en begin eers met fisiese kontak in die 2de helfte van die seisoen.
  • Die spelergetalle in spanne is kleiner en alle spelers kry die geleentheid om die bal te hanteer en dit te geniet.
  • Daar is geen wenmotief in wedstryde nie.

OEFENING EN WEDSTRYDE

Oefentye vind plaas op Dinsdag en Donderdagmiddae en wedstryde op Saterdae.

OUERBETROKKENHEID

Bulletjierugby se sukses is gebaseer op ouerbetrokkenheid – RAAK BETROKKE!

Hokkie

Mini-hokkie en Senior hokkie word by die skool aangebied in die tweede en derde kwartaal.
Hokkie in die tweede kwartaal word as ‘n klub bestuur deur ouers. Geen kind sal in die derde kwartaal benadeel word indien hy/sy nie by die klub gespeel het nie. In die derde kwartaal word hokkie as ligasport deur die skool aangebied.

Mini-hokkie word gespeel deur o.7; o.8; o.9 en o.10 leerders. Daar word aan vier feestoernooie in die seisoen deelgeneem en dit vind plaas op Saterdae. Datums sal later bekend gemaak word. Oefeninge vind twee keer per week plaas. Oefentye sal later bekend gemaak word.

Senior hokkie word deur o.11; o.12 en o.13 leerders gespeel. Ligawestryde vind op Saterdae plaas. Baie van die wedstryde word op die Astro gespeel, afhangend van die ligabepalings wat ontvang word. Oefeninge vind twee keer per week plaas. Oefentye sal later bekend gemaak word.

Hokkiekliniek 21 – 22 April inskrywingsvorm (Gr. 4 – 7) asook belangrike datums en inligting.

Atletiek

Atletiek vind plaas in die 1ste- en 4de kwartaal. In die 4de kwartaal is die Senior Huissport, waar die oefengroepe vir die volgende jaar gekies word.

Daar word alreeds geoefen in die 4de kwartaal. Die Graad 1-Huissport vind plaas in die 1ste kwartaal, op die eerste Vrydag nadat die skool geopen het.

Daar is verskeie vriendskaplike byeenkomste in die 1ste kwartaal. Die Clusterbyeenkoms (‘n amptelike byeenkoms) is gewoonlik die 2de week in Februarie. Daarna volg die distriksbyeenkoms waarna atlete deurgaan na die Gauteng-Noord en SA-kampioenskappe.

Krieket

Krieket vind plaas in die derde kwartaal. Daar is twee spanne in elke ouderdomsgroep. Kriekettoere vind plaas tydens die Junie/Julie skoolvakansie.

Ons neem deel aan die Suid-Oos A-liga van o.9 tot o.13 en ‘n o.11 en o.13 groep neem ook deel aan ‘n dag/aand reeks.

Daar is ook ‘n Krieket Akademie by Laerskool Anton van Wouw waar enige speler welkom is. Hierdie akademie se afrigting vind regdeur die jaar plaas.

Vir ons kleiner krieketsterre, o.5 – o.8, is daar ook Bev-Krieket met wedstryde op Woensdae.

Muurbal

Leerders van Graad 1 tot Graad 7 neem aan muurbal deel. In samewerking met TUKS, het ons baie goeie afrigters. Die derde kwartaal dien as amptelike voorbereiding vir die skole-liga.

Die muurballiga vind in die eerste week van Oktober plaas.

Netbal

Alhoewel ons in die eerste kwartaal begin met netbal, is netbal ‘n wintersport wat in die tweede kwartaal gespeel word.

Graad 1 tot 3 leerders speel mini-netbal. Anton van Wouw fokus op ‘n vroeë ouderdom (Gr. 1) op vaardigheidsontwikkeling. Die spelers neem aan vriendskaplike mini-netbaltoernooie deel.

Vanaf o.10 – o.13 word daar aan ligawedstryde deelgeneem. Anton van Wouw neem in die amptelike skole-liga deel.

Skaak

Skaak word deur die jaar aangebied. ‘n Baie bekwame buite-afrigter rig ons opkomende skaaksterre af. Dit is ‘n privaat sport wat sterk deur die skool en ouers ondersteun word.
Skaaklesse word weekliks aangebied op Woensdae.

Juniors: 13:15 – 14:15 en Seniors 14:00 – 15:00 in Juffrou Elrika Bierman se klas (K21).

Vir verdere inligting, kontak Hans Steyn – 084 567 7410

Swem

Swem is een van die vaandeldraers by Anton van Wouw. Tydens die eerste kwartaal vind die Interhuis- en massagala plaas. Hier word elke Wouwtjie die geleentheid gegee om te kan deelneem.

In die vierde kwartaal bereik swem ‘n hoogtepunt op die swemkalender met vriendskaplike gala’s en die liga.

Uschi Dahlmann kan gekontak word vir swemlesse:

Maandae: 15:30 – 16:30
Woensdae: 14:00 – 15:00
Donderdae: 13:45 – 14:45
Vrydae: 13:45 – 14:45

Eposadres: info@swimluckyfish.co.za

Slegs SMS’e: 073 244 8397

Tennis

Laerskool Anton van Wouw beskik oor ‘n tennisakademie en tennisligawedstryde vind plaas tydens die eerste en derde kwartaal. Daar is tans 9 tennisspanne wat deelneem aan die Gauteng-Noord Tennisliga.

Die daagtydperk by die skool is tydens die tweede kwartaal en dan word die ranglys bepaal vir die ligawedstryde in die derde kwartaal.

In die vierde kwartaal word tenniskampioenskappe gehou waaraan enige leerder vanaf graad 2 to 6 mag deelneem. Die kampioenskappe bepaal die tennisranglys vir die volgende jaar.

Gholf

Gholf word tydens die vierde kwartaal gespeel en dit vind op Maandae plaas.

Daar word aan die skole-liga deelgeneem.

Daar is net plek vir 8 spelers, dus 2 spanne van 4 spelers elk.

Landloop

Landloop word gedurende die tweede en derde kwartaal van die jaar aangebied. Gedurende die tweede kwartaal word uitdunne by die skool tydens skooltyd gehou. Die eerste tien atlete per ouderdom word aangewys, maar enige leerder mag die oefeninge bywoon en aan die liga-byeenkomste deelneem. Die byeenkomste vind plaas op die eerste 3 Vrydae na die Julie-vakansie. Daarna mag enige leerder ook aan die Noord-Gauteng kompetisie deelneem, waarna die Gauteng-Noord span aangewys word.

Ruiterklub

Ruiterklub

Die Ruiterklub se doelwit is om ruiters geleentheid te gee om Laerskool Anton van Wouw te verteenwoordig; as skool te presteer in ruiterkuns teenoor die ander mededingende skole en geleentheid te skep vir ruiters om provinsiale skole-kleure te verwerf.

Elke ruiter neem ruiterlesse by ‘n buite-instrukteur of ryskool. Die ruiters neem onder Laerskool Anton van Wouw se naam deel by 4 Sanesa ruiterkompetisies, wat jaarliks aangebied word. Die verskeie instrukteurs by elke ryskool bepaal of die ruiter bevoeg is om aan die ruiterkompetisies deel te neem al dan nie. Ruiters ding mee tydens die ruiterkompetisies om vir die Noord-Gauteng-, Gauteng- en die Nasionale span te kwalifiseer.

Alle ruiters neem tydens die Sanesa ruiterkompetisies in Anton van Wouw sportdrag deel. ‘n Anton van Wouw-saalkleed word vir die saal gebruik.