Fasiliteite

Laerskool Anton van Wouw is in die bevoorregte posisie om oor die volgende fasiliteite te beskik:

Mediasentrum

‘n Volledig toegeruste mediasentrum met die nuutste tegnologie, insluitend Internet.  Hierdie fasiliteite is tydens skoolure en ná skool tot die leerders se beskikking.

Onderriglokale

Goed toegeruste lokale wat 20 – 28 leerders per lokaal kan huisves.

Rekenaarintegrering

Leerders ontvang onderrig in rekenaargeletterdheid gedurende skoolure, wat geïntegreerd is met die vakke.  Die koste hieraan verbonde is by die skoolgelde ingesluit.  Daar is ‘n rekenaar geïnstalleer in elke klas vir navorsing en kommunikasie-doeleindes met 24 uur internet-toegang.  Elke klas beskik ook oor ‘n data-projektor en die skool gebruik 3 interaktiewe witborde.

Administratiewe fasiliteite

‘n Moderne, volledig toegeruste administratiewe kompleks bied uitstaande geriewe ter ondersteuning van doeltreffende onderwys.

Tiekie-draai

Dìe splinternuwe snoepwinkel cum koffie-kafee bied ‘n uitstekende diens aan ons leerders en ouers.  ‘n Wye verskeidenheid heerlike, gesonde etes en ander verversings vrolik enige skooldag op!  Oop van vroegdag (7:00) tot nodig in die midddae.

Wouwtjie Pre-primêr

 

Verskaf Pre-primêre onderwys aan Gr. R, RR en RRR.

 

Speelgroepie

Ons huisves ‘n speelgroepie (vanaf 2-jarige ouderdom) op die terrein.

Naskoolsentrum

 

Daar is ‘n naskoolsentrum op die terrein wat in die behoeftes van alle leerders van Gr. R-7 voldoen vanaf ná skool tot 18:00, voldag óf halfdag en tydens vakansies. Die Pre-primêre afdeling het hul eie, aparte naskoolsentrum.

 

Voortrekkers

Die Voortrekkers kom weekliks bymekaar in die Voortrekkersentrum op ons terrein.

Sport

  • Weervaste tennisbane
  • Netbalbane
  • Atletiekbaan onder spreiligte
  • Rugbyveld
  • Hokkievelde
  • Sokkerveld

Opsoek na meer informasie?