Akademie By Laerskool Anton van Wouw

Akademie is ons hoogste prioriteit. Laerskool Anton van Wouw streef na uitnemendheid en ondersoek voortdurend nuwe, moderne onderrigmetodes, net soos die Japanese gesegde, “Kaizen”, beteken: volgehoue verbetering!
Ná elke jaar word deeglike ontledings en aanpassings gedoen, om séker te maak dat leerders by Anton van Wouw só toegerus sal word dat hulle hulself in enige situasie kan handhaaf en kan uitstyg, om sodoende hul Godgegewe potensiaal te ontsluit.

Fasiliteite

Ons klaskamers is toegerus met die nuutste tegnologie en skoolgaan is interaktief, opwindend en interessant! Verryking is die norm… die Wouwtjies het volle toegang tot ʼn leessentrum en ‘n uitstekend toegeruste mediasentrum.

RO-Rooster

Laai ons rooster af op die skakel hierbo.

Die Wouwtjie Boekklub

Dit is glad nie snaaks om kinders op die stoepe te sien loop met hul neus in ʼn boek nie! Die Wouwtjie Boekklub bestaan uit alle leerders in die skool… ons ontvang op ʼn gereelde basis bekende skrywers; deel weekliks pryse uit om kinders aan te moedig om meer te lees en sluit die derde kwartaal af met ʼn pretdag waar kinders soos hul gunsteling storiekarakter aantrek en onderwysers stories voorlees aan klein en groot!